Sy is nou ses weke oud en kyk hoe wakker is daai klein ogies.
Vier geslagte bymekaar, Marizelle, haar mamma Ilse, ouma Mariene en oumagrootjie Babs.
Marizelle saam met mamma Ilse en pappa MariusVertel bietjie wat die familie oor die Kerstyd gaan doen?!
Die Hadeda winkel in Kaapstad, is in Dunkley square, Wandel Str. Vir foto's wat ek daar tydens my besoek geneem het, loer bietjie hier. Vanaf 1 Desember is hulle oop vanaf 09:00 - 20:00 Maandag tot Vrydae, 09:00 - 18:00 op Saterdae en Sondae en vakansiedae vanaf 09:00 tot 17:00. Die persoon om hier mee te gesels is Anneke (Ronelle se dogter).
Dan het hulle nog 'n tak oopgemaak vir julle ouens wat nader aan die Noordelike Voorstede bly en daar kan julle lekker saam met Ronelle gaan kuier. Die winkel is in die Willowbridge winkelsentrum, direk oorkant die Tygervallei Sentrum. Die winkelure is dieselfde as by die ander winkel. En as julle regtig niemand het om voor geskenkies te koop nie, onthou ek is in SA vanaf 29 Nov - 15 Des :-)! 

Hy was baie lief vir sing, in die kerkkoor, 'n 3-man groep gestig en 'n jeugkoor in Worcester afgerig. Soos al sy broers was hy sportmal. Hy was 'n mens-mens en het altyd mense na sy huis genooi. By talle geleenthede was hy seremoniemeester, vol humor en 'n regte plaatjie. Hy was 'n steunpilaar en mense kon hom in die nag bel, dan is hy dadelik daar.
Altwee (Hough en Lee) is borgskappe by hulle hoerskool aangebied waar hulle uitblink in atletiek en rugby.
Lee het deelgeneem aan die Klub kampioenskappe (Gauteng kleure) en ons hoor graag wat daar gebeur het.

Dit kan wees dat die ouer kinders te besig was met hulle eie kattekwaad dat hulle nie hare onthou nie of dit kan wees dat sy niks verkeerd gedoen het nie ...dit kan ek egter nie heeltemal glo nie!
Rannie Ruth, Omie en oom Sammy het ouma so gesoebat dat sy later ingegee het en die buurman (wat 'n skrynwerker was) is gevra om die tasse te maak. Maar g'n mates is deurgegee nie, en die oom het ook nie gevra nie.
Oopgewonde het hulle gewag vir die tasse - en toe die teleurstelling. Dit lys soos 'n "potmento" (ou groot kiste wat die ou mense vroeer gebruik het om hulle klere in te pak as hulle op reis gaan).
Hulle het die motorhuis in 'n teater omskep en pouses het almal oros, koekies, wilsons en star lekkers gekry.
Tannie Joy en haar vriendinne is deur tannie Ruth afgerig om ballet opvoerings te gee en so het die klomp mekaar besig gehou.
