dat sy saans na badtyd, kombuis toe gehardloop het waarvandaan oupa haar bed toe moes abba en dan het hy vir hulle in die bed gesit, bybel gelees en stories vertel en altyd geeindig met 'n liedjie wat hy gesing het.
Saterdagmiddae het oupa die groente geskil vir Sondagete en dan het hy vir die kinders mannetjies en patrone uit die pampoen skil gesny












Hy het egter nooit die dogters pak gegee nie, maar die seuns het hulle pak op hul tyd gekry. Hy wou nooit he die kinders moes sien hoeveel geld hy in sy beursie het nie, en as hulle vir hom geld gevra het, het hy altyd sy rug gedraai en die geld uitgehaal.
As die kinders dan omstap het hy weer anderkant toe gedraai met 'n groot glimlag op sy gesig. Ek hoor daardie beursie het tannie Tossie geerf wat dit weer op haar beurt vir tannie Joy gegee het.
Hulle kleinding Kristen is verlede Sondag by die Aanbidding Lewenssentrum in Alberton ingeseen.
Hier hou mamma Elmarie haar vas.
Pieter se dit was 'n baie spesiale dag en selfs sy ouers en susters het van Kaapstad af gekom.
Blykbaar was Kristen maar bietjie grieperig,
maar sy het gereeld gelag selfs in die kerk. 
