Monday, December 24, 2012

Kerswense van die Holloways

 
Hiermee wens ons dat hierdie dag alles wat Christus aarde toe gebring het, vir julle almal inhou - liefde, vrede en vreugde. 
 
'n Baie Geseende Christusfees aan al ons familie en dankie dat julle deel is van ons lewens.
 
Liefde Eddie, Sandra, James, Leane, William & Nelmari

Sunday, December 23, 2012

Kerswense van die Oberholzers




Ons wil net vir almal n baie geseende Kersfees toewens en ons hoop dat die nuwe jaar regtig n mooi jaar met goeie gesondheid en voorspoed op elke gebied sal wees
 
ook dat elke gesin mekaar sal waardeer en koester,
 
maar dat ons bowenal sal onthou waaroor Kersfees regtig gaan.
 
Liefde Sarel, Christelle en Michael

Saturday, December 22, 2012

Kerswense van Oom Henry en gesin



Ons wense vir julle is n heerlike Kersdag en net voorspoed en seeninge vir die jaar wat voorle.

Liefde oom Henry en tannie Beatie

Friday, December 21, 2012

Kerswense van die Du Toit’s




'n Baie Geseënde Kersfees aan al ons familie!!  

Mag Ons Hemelse Vader julle seen met baie liefde, vrede, vreugde, genade en gesondheid. 

Geniet die Feestyd met julle familie en vriende.  Kuier, eet en lag lekker (soos net ons Viljoens kan doen) !!  

Liefde,

Hennik & Ronelle

Wednesday, December 19, 2012

Kerswense van tannie Omie





Aan my dierbare familie
 
'n Baie geseende Christusfees  word jul almal toegebid
en
mag goedheid en guns jul deel wees in die Nuwejaar.
 
"..............en sy sal n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos "
 
Lekker kuier en kom veilig tuis
 
Lief julle
tani Omie x

Monday, December 17, 2012

Kerswense van die Heyns familie



 
'n Baie Geseende Kerstyd en 2013 word julle almal toegewens.
Mag ons almal die Ware betekenis van Kersfees besef en LEEF in hierdie tyd
en mag 2013 n GROOT EN GESEENDE jaar wees vir elke familielid.
Baie liefde
Andre Karin en Wiaan

Saturday, December 15, 2012

Kerswense van die Campbells




Aan al ons familie en vriende wil ons ‘n geseende Kersfees en ‘n voorspoedige Nuwe jaar toewens.

Mag die vrede vn Christus met jul almal wees oor die Kersgety en Sy liefde jul omvou

Aan die wat met vakansie gaan en op die paaie is, wil ons bid dat jul veilig sal reis.

Baie liefde aan almal
Thomas en Ruth 


Thursday, December 13, 2012

Kerswense van die Smitte




'n Baie Geseende Kersfees aan al my oulike familie.
Mag jul Sy genade en seen ervaar in hierdie tyd.
Geniet dit saam met jul familie en vriende.
Mag die Voorspoed met jul mors.
 
Baie liefde Chris, Rene en kinders
 
 

Tuesday, December 11, 2012

Kerswense van die Pienaars

IMG00354-20121129-0926

Ho ho ho!

Wat ‘n jaar….jaar vol trane en laggies, vol vreugdes en hartseer….maar dankie Here dat ons weet U los ons NOOIT en in die moeilike tye dra U ons!
Mag julle elkeen die Feesseisoen heerlik uitrus, julle batterye herlaai, julle families geniet en julle magies gee dit waarvoor hy lus het!! (van ‘n tamatie tot ‘n MAGNUM roomys!!haha)

Familie is kosbaar….koester dit!

Tonne liefde en blessings!
Chantal, Juan, Carlu en Franco Pienaar (Sammy se dogter)

Sunday, December 9, 2012

Kerswense van die Neethlings

IMG_4127
 
Ons wens al die familie n baie geseende Kersfees toe.
Veilig reis en geniet die spesiale tyd saam met jul geliefdes.
Jammer ons kan nie hierdie Kersfees in die Kaap wees nie maar ons sien julle binnekort.
Baie liefde,
Renier, Monique & Lea Neethling