Thursday, November 29, 2012

Kersmark




Christelle laat weet dat Karin-hulle se kerk, AGS Kruisgemeente Durbanville
(h/v Van Breda en St John's) se kersmark reeds begin het!

Die Kersmark hou aan tot 8 Desember.
Oor die 100 uitstallers met Andre en Karin wat die kombuis behartig.  Daar is heerlike etes soos Lasagne, hoenderpastei en slaai, kerrie mince vetkoeke, pannekoek, terte, koeke en nog vele meer.
Die pryse is baie billik en daar is take-aways beskikbaar vir die vroue wat wil heeldag shop en in die aand iets lekekrs vir hul mans en kinders wil he.  Dit alles in 'n heerlike kuier kos-tent.
 
Tye:  Ma - Vr:  10h00 - 19h00
Sa: 09h00 - 15h00
Kom al die familie lede in die omgewing ... lekker kuier, eet en shop.... dit klink soos 'n plek waar julle wil gaan kuier en ondersteun.   En die kanse is baie goed dat jy iewers 'n familielid gaan raakloop om te groet!

(Jammer ek kan nie aflewering bestel Abu Dhabi toe nie)


Thursday, November 22, 2012

Nog 'n verjaarsdagmaatjie

Gedurende November het ons nog 'n verjaarsdagmaatjie gehad en hierdie een het 5 geword!  
IMG-20121104-00188.jpg
 
Klein Kristen (tannie Joy en oom Kowie se kleindogter) het vroeer die maand verjaar.  Hier is sy saam met pappa Pieter.
 
IMG-20121104-00198.jpgIMG-20121104-00204.jpg
 
Mickey en Minnie Muis is op die oomblik haar gunsteling en dit was ook die tema van haar partytjie.  

IMG-20121104-00199.jpg

Kyk net hoe oulik 

IMG-20121104-00228.jpg

Baie geluk Kristen, kan sommer sien dat dit 'n baie lekker partytjie was.

Baie dankie vir die aanstuur van die foto's Celeste, ons waardeer.

Wednesday, November 21, 2012

Franco word 2!

Die nuus en foto's van die familie se kant is maar min, so dit was baie lekker om weer van Chantal te hoor om haar nuus met ons te deel.
 
FRANCO2B
 
Haar "baba" Franco het verlede week 2-jaar oud geword.  Syne dat Barney op die oomblik die groot liefde in sy lewe is, was dit ook die tema vir die partytjie. 
FRANCO2A
 
Die aand voor sy verjaarsdag het ouma Bokkie vir hom 'n lekker chocolade koek gebak, so die partytjie het sommer oor 'n paar dae geloop :-).  Dit lyk asof die koek baaaieee lekker was. 
 
Geluk Franco!