Monday, September 27, 2010

Verjaarsdae 27 Sep - 3 Okt

Baie geluk hierdie week aan

HANNAH PREUSS

en
MONIQUE NEETHLING
op die 30 ste
***************
JOY STEMMET
op die 2 de
EK HOOP JULLE HET 'N BAIE SPESIALE DAG
EN 'N NUWE JAAR PROPVOL BLESSINGS

Monday, September 20, 2010

Verjaarsdae 20 - 27 September

Ons verjaarsdae vir hierdie week is:

WERNER VAN ZYL
op die 21 ste
BAIE GELUK MET JOU VERJAARSDAG WERNER
HOOP DIS 'N WONDERLIKE DAG EN 'N SPESIALE JAAR

Tuesday, September 14, 2010

Spog brokkie

Ons se geluk aan T.J. Campbell (Johan en Marietjie se seun) wat vanjara vir die 0.13A span van Laerskool Durbanville gekies is

TJ graad 7 2010

T.J. speel buite senter. Hier is hy en 'n baie trotse pa Johan tydens die "cap-seremonie" afgeneem. Geluk T.J en ons hoop dis sommer 'n goeie seisoen van baie driee.

‘n Pienk Partytjie

So 'n tydjie terug was Rene se verjaarsdag en sy het 'n kort storie met paar foto's vir ons gestuur. Volgens haar was dit 'n heel stemmige partytjie en julle moet maar self oordeel (ek weet net daar was ander partytjies ook - daarvan sal ek liewers nie foto's sit nie)

Page1

Omdat daar "sekere" familielede was wat vorige keer suurlemoenie "gesteel" het (kyk na 'n vorige blog), het hulle die stoep vir die dames partytjie toegemaak.

Page2

Dit lys asof die tannies meer opgewonde was oor die partytjie as die verjaarsdag meisie met haar pienk hare. Ek vermoed die "duiweltjie" was verantwoordelik vir die meeste van die eetgoed.

Page3

Ek plaas nie foto's van die ander gaste nie, want ek dink die klompie is meer bekend aan julle. 'n Paar van die foto's waarop Jeanette was kan nie gepubliseer word nie, hulle sal die blog toemaak :-) maar hier kan ek ten minste sien dat my korrespondent in SA wel 'n foto of twee met haar foon geneem het. Wil iemand nie vir haar 'n nuwe kamera met vol battery gee nie?

40112_153256324686468_100000063054434_507594_310234_n

Die deftige tannies wat geen benul het hoe oud hulle werklik is nie. Die een regs glo die ander een word 70 in 1972 of ..... uhm miskien 2013? Hoe dit ookal is, ek dink hulle twee lyk albei goed vir hulle 30+.

Almal het baie lekker saamgekuier, geeet en baie gelag. Die suurlemoene was hierdie keer veilig want hulle het liewers "take-aways" ingepak. ;-)

Monday, September 13, 2010

Verjaarsdae 13 - 19 September

Daar is geen verjaarsdae hierdie week nie.

ALMAL van julle geniet jul week en kom met die nuus!

Monday, September 6, 2010

Verjaarsdae 6 - 12 September

Hierdie week het ons die volgende verjaarsdae:

PIETER STEMMET
op die 7 de
saam met
ANGELIQUE PREUSS
BAIE GELUK JULLE TWEE!

MAG DIT 'N WONDERLIKE DAG WEES
EN 'N NUWE JAAR WAT NET MOOI INHOU!