Tuesday, August 31, 2010

Lief en Leed

Tannie Ruth en Oom Thomas vier vandag hulle huweliksherdenking. Van ons almal, baie geluk! Ons bid dat ons Hemelse Vader julle nog lank vir mekaar sal spaar, julle is baie spesiaal.
Dan het ons ook leed. Oom Sagie (Leon Campbell) jongste boetie van oom Thomas en tannie Beatie is vanoggend vroeg oorlede. Ons dink aan en bid vir sy familie en vriende in hierdie tyd van rou.
Die begrafnis is Donderdagoggend 11:00 by die AGS Kruisgemeente, Durbanville. h/v St John en Breda straat.

Monday, August 30, 2010

Verjaarsdae 30 Augustus - 5 September

Hierdie week se ons baie geluk aan:

LEON MARITZ
(Tossie se seun)
op die
3 de
**********
STEFAN GERMISHUYS
(Debbie se seun)
op die
4 de
ONS HOOP JULLE TWEE HET 'N WONDERLIKE DAG
EN 'N BAIE SPESIALE JAAR

Tuesday, August 24, 2010

Welkom nuweling

Altyd lekker om nog 'n nuweling in die familie te verwelkom.


Klein Emilie Pienaar, dogtertjie van mamma Ursula en pappa Gerrit is Vrydag 20 Augustus 2010 om 08:20 gebore. Sy het 'n yslike 3.9 kg geweeg. Hulle se sy het 'n mooi bos swart hare en lyk net soos haar pappa.

Page1

Hier is 'n trotse pappa en mamma met die kleintjie en ook 'n trotse ouma Jeanette en tannie Rene. Ons hoop dat sy en julle vir mekaar net een groot blessing sal wees!

(Maxie het jy nie ook nuus om te deel nie?)

Monday, August 23, 2010

Verjaarsdae 23 - 29 Augustus

Daar is sommer baie nuus wat in die familie aan die gebeur is ... en ek wag in spanning om die foto's en storie van die nuweling en verlowing met ander te deel met julle toestemming.
Hierdie week se ons geluk aan:
MARLI OOSTHUIZEN
(Maxie se dogter)
saam met
AVELINA DE GOUVEIA
(Bennie se skoonseun)
op die
23 ste
**********
COLETTE GERMISHUYS
(Debbie se dogter)
op die
25 ste
**********
PAULA VAN NIEKERK
(GP se vrou)
op die 27 ste
***********
ONS HOOP JULLE ALMAL HET 'N WONDERLIKE DAG
DAG JULLE VERSKRIKLIK BEDERF IS
EN DAT DIE NUWE LEWENSJAAR
'N OPWINDENDE EN BESONDERSE EEN SAL WEES

Wednesday, August 18, 2010

Mooi so

So twee maande terug het ons bietjie gespog met Viljoen wat in die Craven week gespeel het, en het ek genoem dat die ou ook gekies is om bietjie oorsee te gaan speel.

Uit hierdie koerantfoto'tjies blyk dit dat die 0/16 span van sy skool sommer 'n goeie seisoen het met baie verrassings.

Hulle skool het twee spelers wat gekies is om hierdie toer mee te maak en komende van 'n "toer" myself is die finansies iets ysliks. Om die eer wat jou te beurt val mee te maak kos R16000 en dis nogal 'n klomp geld. Viljoen het al bietjie meer as die helfde daarvan ingevorder en nou raak die tyd min. Is daar iemand in die familie wat dalkies 'n "donasie" of "bydrae" wil maak vir hierdie besonderse geleentheid? Julle kan my kontak by uitentuis2001(at)yahoo(dot)com of met sms by +97150dubbelvier,drieses, dubbeldrie-nege.

Sterkte met die laaste voorbereiding Viljoen, ons is trots op jou en sien uit daarna om die terugvoering na die toer te kry.

Monday, August 16, 2010

Verjaarsdae 16 - 22 Augustus

Hierdie week se ons baie geluk aan die volgende familielede:


RENE SMIT
(tannie Babsie se jongste)


op die

17 de

saam met

MARIETJIE CAMPBELL
(Johann se vrou)

**********

JACO HAMMAN
(Marie se man)

op die

19 de

**********
ADELE BURDEN

(Denise se dogter)

op die

22 ste

**********

BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAG

ONS HOOP DIS 'N SPESIALE DAG PROPVOL BEDERF

EN DAT DIE NUWE JAAR VOL BLESSINGS IS

Monday, August 9, 2010

Verjaarsdae 9 - 15 Augustus

Lekker moeg na ‘n ongelooflike belewenis – die bywoning van die Passiespele in Oberammergsau wat heeldag geduur het.

Ons se geluk aan

HENRY VILJOEN

op die

9 de

**********

LEANE HOLLOWAY

op die 10 de

saam met

ESTELLE DU TOIT

***********

JEANETTE MULLER

Picture set knysna 013

op die 12 de

wat haar 60ste verjaarsdag vier

saam met

JEAN-PIERRE DU TOIT

ook op die 12 de

*****************

MILANN VERMEULEN

op die 15 de

BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAE. MAG DIT 'N WONDERLIKE DAG WEES

EN DIE NUWE JAAR PROPVOL SEENINGE.

Monday, August 2, 2010

Verjaarsdae 2 – 8 Augustus

Na ‘n kuiertjie in Italie is ons veilig in Duitsland by die dorpie Garmich. Namens die verjaarsdag klomp hierdie week sal ons heerlike Duitste disse geniet.

BAIE GELUK AAN

NAOMI VAN NIEKERK

wat op die 5 de

100_2412

haar 70ste verjaarsdag vier

en

DEBBIE GERMISHUYS

(Denise se dogter)

op die

7 de

BAIE GELUK JULLE EN MAG DIT 'N WONDERLIKE DAG

EN GESEENDE JAAR WEES