Monday, June 28, 2010

Verjaarsdae 28 Junie – 4 Julie

Weer 'n stil week op die verjaarsdagfront.

MELANIE PREUSS
(George se dogter)
verjaar op die
28 ste
BAIE GELUK MET JOU VERJAARSDAG MELANIE
ONS HOOP DIT WAS 'N BAIE SPESIALE DAG EN
DAT JOU NUWE LEWENSJAAR PROPVOL WONDERLIKE GOED SAL WEES.

Wednesday, June 23, 2010

Ons dink aan julle met die verlies

Ek het hierdie week ook 'n briefie van Amanda gehad. Skuus dat ek dit nou eers plaas, maar ek sit op die oomblik met een en 'n halwe hand wat nie werk nie en tik is bietjie moeilik.



'n Niggie van Benitha en Amanda en susterkind van Zet is verlede week vermoor in haar huis. Ons dink en bid vir julle Amanda!
Sy se dat die Viljoen familie hulle gesin wonderlik bystaan in hierdie tyd.

Sterkte!

Tuesday, June 22, 2010

Mens kan maar SPOG

'n Week of so terug het ek vertel dat Tertia nuus het, maar dat ek nog steeds daarvoor wag. Gelukkig het die nuuskierigheid my kamera-lose-korrespondent in Durbanville onmiddelik gevang en sy het die opvolgwerk gedoen. :-) in so 'n mate dat Tertia eintlik vir my die nuus en nodige inligting gestuur het.

DSC00170

Hierdie week spog ons met haar seun VILJOEN DREYER wat gekies is vir die Limpopo Blou Bulle Rugbyvereniging se 0/16 span vir die Craven week. Ons is baie trots op jou Viljoen (net jammer van die Blou Bul gedeelte). Hopelik sal Tertia 'n verslag van die Craven week vir ons stuur en wag ek nie solank soos wat ek vir die aksie-foto's wag nie :-).

DSC00036

Viljoen is ook gekies as een van 'n groep van 22 seuns om in September in Engeland te gaan rugby speel. Baie geluk seun, hierdie tannie van jou is baie trots op jou! (Onthou net 'n bietjie wit so tussen die blou is 'n gesonde afwisseling).

ns Ek is seker daar is nog baie sulke "spogs" in die familie - kom aan julle moenie skaam wees om dit te deel nie.

Monday, June 21, 2010

Verjaarsdae 21 – 27 Junie

Dis maar ‘n stil week vir verjaarsdae en die enigste een is my oudste

JAMES HOLLOWAY

op die 26ste

BAIE GELUK MET JOU VERJAARSDAG SEUN

HOOP DIS 'N BAIE SPESIALE DAG

EN DAT DIE NUWE JAAR VIR JOU PROPVOL

NUWE GESEENDE DINGE SAL WEES.

Monday, June 14, 2010

Verjaarsdae 14 - 20 Junie

Dankie vir die nuus wat ek hierdie week van almal gekry het, daar is natuurlik nog baie van julle wat bietjie kan laat hoor hoe dit gaan en wat gebeur. Ronelle het ook weer nuus gestuur, dankie daarvoor en Tertia belowe al twee weke vir lekker spognuus, maar ek gee nou moed op vir die ontvang daarvan. Julle sal maar net moet wonder oor wat dit was.
Hier by die Holloways gaan dit goed, maar die lentetemperatuur is besig om op te tel en begin noual na die hoe 40's beweeg. My middelste William kuier bietjie hier met die universiteitsvakansie en dis lekker om al drie die kinders in dieselfde dorp te he. Meer oor ons doen en late kan natuurlik hier opgevang word.

Hierdie week se verjaarsdae is:

JESSICA VILJOEN
(Oom Dan se agterkleindogter)
op die 18 de
***************************
MARIE (Bokkie) VILJOEN
op die 20ste
***************************
BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAG
EK HOOP DAT JULLE LEKKER BEDERF WORD OP JULLE DAG
EN DAT DIE NUWE LEWENSJAAR NET MOOI DINGE SAL INHOU!

Thursday, June 10, 2010

Nuus van die Koens

Lekker gesels/nuusbriefie van Valerie gekry.

Haai

Dit gaan nog goed met die Koens

Koenie het die 9de Mei 65 jaar oud geword. Ons het die verjaardag by “The Goatshed” Fairview plaas Paarl gevier. Ons het die Cambell’s ook by die restaurant gekry. Dit was wonderlik om weer die Viljoen’s op ‘n feestelike noot te sien (En daar is niks foto's nie?)

Ma (Babsie) het ook 83 jaar oud op die 15de Mei geword. Ons kan net die Here dank dat sy nog so gesond is en so lank vir ons gespaar is. Sy doen nog gereeld “Shopping” op haar eie en bestuur nog haar eie “Rooi Gevaarte”

Louis (My Oudste) het ook ‘n huis hier naby ons in Tamboerskloof gekoop en het op 1 Junie ingetrek. Sy vrou (Karen) het ‘n skoonheidsalon met die naam “Mooi” in Kloofnekweg ge-open. Dit is regtig ‘n pragtige plek langs haar suster se “Mooi” se haarsalon. Dit is regtig ‘n plek om te besoek as julle in Kaapstad is (Ronelle jy het 'n opdrag om te gaan besoek en neem daai kamera saam!)

Verder gaan dit nog goed deur die genade van “Bo” en ons is almal gesond

Pieter het weer oupa geword van sy dogter Christeen. Sy het ‘n pragtige dogter “ Emma Kleynhans” ryker geword (Pieter ..... iemand ..... kan ons foto's van klein Emma sien?)

Dankie vir die nuus Valerie, dis altyd lekker om van julle te hoor!

Tuesday, June 8, 2010

‘n Lekker kuiertjie

Wat as ‘n uitstappie beplan is het opgeeindig in ‘n lekker kuier en verrassing…

100_2256

Ronelle met oom Thomas, tannie Ruth en tannie Omie het so bietjie gaan rondry toe eersgenoemde gou by Rene moes stop om haar kamera te kry. Nie ‘n vreemde versoek nie want tot my frustrasie is sy en haar kamera die meeste van die tyd geskei.

100_2214

Maar die tannies wil ook ingaan om te groet …(ek dink Ronelle het gebargain daarop) en daar word hulle verras met ‘n tafel vol lekkergoed reg vir die kuier wat agter hul rug beplan is.

100_2220

En daar word lekker gekuier en geeet soos tannie Omie wys. Jeanette en Anton mis blykbaar geen sulke saamkuiers nie en hulle is ook daar vir die fun.

100_2227

Dan word hulle gewys hoe lyk Chris se tuin.

100_2224

100_2226

Wat se versoeking kan sulke mooi blomme nie wees nie, hulle moes net pluk.

100_2225

Rene lyk egter skuldig en ek wonder hoekom. Chris mag sy hier pluk?

100_2234

En dan pluk hulle die arme suurlemoenboom leeg

100_2237

Waarvoor gaan al daai suurlemoene gebruik word?

100_2238

Rene wys nog meer uit ……

100_2240

En weer is dit eetgoed met Rene in die kombuis

100_2253

En lekker kuier ……

Monday, June 7, 2010

Verjaarsdae 7 - 13 Junie

Dankie vir Ronelle (du Toit) en Valerie (Koen) vir bietjie familie nuus. Wil julle dit ook hoor ....??? Miskien moet julle later hierdie week weer by ditjies-en-datjies inloer :-). Daar is natuurlik nog baie wat gerus kan nuus aanstuur.
Hierdie week se verjaarsdae is:
KAREN KOEN
(Valerie se skoondogter)
op die 7 de
*******************
SAREL OBERHOLZER
(Oom Henry se skoonseun)
wat op die 8ste 'n baie spesiale verjaarsdag het
40 !!!
*******************
FRANSIE BASSSON
(Tertia se skoonseun)
verjaar op die
10 de
*******************
BAIE GELUK JULLE! HOOP DIS 'N WONDERLIKE DAG
PROPVOL BEDERF EN BAIE BLESSINGS