Wednesday, December 30, 2009

'n Groot Spog

Baie Geluk aan Tiaan Smit (Chris en Rene se seun) met sy B.Com graad wat hy vanjaar behaal het. Ons is almal baie trots op jou!

Sterkte met die res van jou studies!

Tuesday, December 29, 2009

Ons groet - update

En weer moet ons groet. Oom Deon van Niekerk (tannie Omie se man) is Saterdag die 26ste oorlede. Dit was alles so vinnig en onverwags. Tannie Omie, Sandra & gesin, GP & gesin en Marietjie & gesin ons innige simpatie met die groot verlies. Ons bid dat ons Groot Pappa julle styf sal vashou en dat julle ook in hierdie tyd Sy liefde sal ervaar.
Begrafnis op Woensdag om 11:00 by die AGS Durbanville, St John straat, Durbanville.

Welkom nuweling


'n Paar daggies voor haar ouma se verjaarsdag
op 18 Desember
het klein Souneke haar opwagting gemaak.
Sy het 3.36 kg geweeg by geboorte en is 'n hele 52 cm lank.


BAIE GELUK aan mamma Mariska en pappa Fransie (Basson) met die kleinding se geboorte. Ek is seker dat sy vir baie vreugde en spesiale tye gaan sorg. Geluk ook aan ouma Tes en oupa Andre met die eerste kleinkind!






Monday, December 28, 2009

Verjaarsdae 28 Desember - 3 Januarie

ONS VERJAARSDAE SO DIE LAASTE WEEK VAN DESEMBER EN BEGIN JANUARIE IS ...


Megan Wuister
(Jeanette se kleindogter)
EN


Tyra Viljoen
(Oom Dan se agterkleindogter)
altwee op


28 Desember

*************************

Triston Callaghan
(Bennie se kleinseun)
op


30 Desember

*************************

Lindi Kroukamp
(Tannie Tossie se kleindogter)

Saam met



Tiaan Smit
(Tannie Babsie se kleinseun)
op


31 Desember








Johan Campbell

(Tannie Ruth se seun)

Verjaar op die 1ste

BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAE

EK HOOP DIS 'N BAIE SPESIALE DAG

EN 'N BAIE SPESIALE GESEENDE NUWE LEWENSJAAR!

Wednesday, December 23, 2009

Kersgroete van die Holloways


'n Baie Geseende Christusfees vir almal van julle!
Mag ons nooit vergeet dat ons grootste geskenk,
ons Verlosser reeds vir ons gegee is.
Geniet die dag saam met julle geliefdes.
Liefde
Die Holloways
Abu Dhabi



Tuesday, December 22, 2009

Kersgroete van Thomas en Ruth Campbell


'n Baie spesiale Kersfees groete aan al ons geliefdes en familie!


Mag Christus aan julle al die liefde en warmte gee nie net vir Kersdag nie, maar ook vir die Nuwejaar.


'n Verlosser is vir ons gebore, wat vir ons genade gee om voort te gaan te midde van hartseer, siekte en probleme. Mag julle almal gelukkig wees oor die Kerstyd en mekaar omhels met liefde!


Renier en Monique, 'n spesiale drukkie - ons gaan julle baie mis by ons kersete maar weet julle is in Dubai met 'n doel en ons ondersteun julle.


Liefde

Thomas en Ruth Campbell

Monday, December 21, 2009

Verjaarsdae 21 - 27 Desember

Ons het sommer 3 Kersfeesbaba's wat Vrydag die 25ste verjaar ....




Mariaan Viljoen
(Oom Dan se skoondogter)

Tertia Dreyer
(Billy se dogter)

Willa Rossouw
(Oom Deon se kleinseun)





Fanie Germishuys
(Denise se skoonseun)
word 40 op

26 Desember


BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAE
HOOP DIT IS 'N SPESIALE DAG
SAAM MET JULLE FAMILIES

Friday, December 18, 2009

Kerswense van die Smits


Aan al ons wonderlike familie dwars oor die wye wereld!

'n Geseende Kersfees en laat die Voorspoed met julle wees in 2010.

Lief vir jul almal

Groete Chris, Rene, Anja, Leana en Tiaan!


Thursday, December 17, 2009

Kerswense van die Pienaar gesin


Hierdie week is ons weereens herinner dat die lewe so kort is met Marius se afsterwe. Dus is my Kersfeesboodskap aan julle om elke dag wat die Here ons gee met oorgawe aan te gryp en voluit te lewe. Elke dag is net GENADE!
Geseende Kersfees!
Liefde Chantal, Juan, Carlu

Wednesday, December 16, 2009

Kerswense van die Neethlings


Liewe pappa Hennik, mamma Ronelle, oupa Tommy, ouma Ruth, Anneke en al die ander geliefdes.

Ons is jammer dat ons hierdie Kersfees nie saam met julle kan wees nie, maar wees verseker dat ons die spesiale Kerstradisies wat jul deel van ons lewe gemaak het trots sal voortsit!

Aan almal wil ons 'n feestelike Kersseisoen toewens vol liefde en spesiale oomblikke.

Geseende Kersfees
Renier en Monique



Tuesday, December 15, 2009

Laurielle en Michael se grootdag

In November was dit die troue van Laurielle, dogter van John en Linda Fullex (oom Dan se kleindogter) met Michael de Lucchi. Linda het vir my hierdie foto's aangestuur wat ek graag met julle deel. (Hoe lyk dit met 'n foto van die bruid se ouers?)


The love between husband and wife is a piece of heaven that God place in our hearts; a piece of God Himself, because God is love! May He grant you happiness and wisdom ... wisdom to leave each other in God's capable hands.

BAIE GELUK LINDA EN MICHAEL!

Monday, December 14, 2009

Verjaarsdae 14 - 20 Desember

'n Week voor Kersfees en ons se geluk aan:



JUAN
Pienaar
(Chantel se man)

op die 18 de

EN

ZET

Viljoen

wat op die 19de

60 word!

BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAG

HOOP JULLE HET 'N WONDERLIKE DAG

EN SPESIALE NUWE LEWENSJAAR

Wednesday, December 9, 2009

Huldeblyk aan Marius (3)

Die Here het gegee en die Here het geneem. Hy het dit goedgedink om Marius te kom haal en hom te kom verlos van sy aardse stryd. Terwyl ons die Here vertrou het vir 'n Wonderwerk, het Hy anders gedink. Marius moes gaan aansluit by die Engele koor.
Marius, ons weet jy is gelukkig waar jy nou is, maar vir die wat agterbly, is dit moeilik. Oom Henry en Tannie BT, Marius was so bevoorreg om julle as ouers te hê wat hom onvoorwaardelik liefgehad het. Karen en Christelle, julle boeta se plek is nou leeg. Ek bid dat die Here julle hele gesin sal vertroos en versterk soos net Hy kan!
Chantal, Juan, Carlu





Oom Henry en Tannie Beattie en familie.

Ons is baie jammer om te hoor van Marius.

Dink aan julle in die tyd. Baie sterkte.

Smitte van Wellington. (Chris en Rene)



Tuesday, December 8, 2009

Huldeblyk aan Marius (2)

Toe Sandra Holloway my Saterdag uit Abu Dhabi bel en se sy wil he ek moet iets oor Marius skryf, toe dink ek - 'waar gaan ek begin?' As ek oor al my en Marius se saam tye wil skryf kan ek 'n boek vol skryf.

.10937_216541409883_709084883_4135598_5990583_n

Sandra Rossouw het ook vanoggend 'n 'onthou jy' epos gestuur. Ons het baie sulke 'onthou jy' tye gehad en as ons 3 saam gekuier het kon ons baie staaltjies vertel en lekker lag oor ons jongdae.

Ek en Marius verskil net 6 maande en was van baba dae af maats. Hy was regtig baie meer as net 'n neef - hy was ook my beste vriend. Ons het baie baie saam gelag, en ook baie saam gehuil!Ons het ons diepste geheime, geluk en hartseer met mekaar gedeel.

As kinders en tieners was ons byna elke naweek en vakansie bymekaar. Saam vakansie gehou, getoer en gekuier. Ons gereelde kuiertjies in Riverton, Goudini, Durban, op die plaas in Rawsonville, Oudtshoorn, Worcester, Pinkster Park, en ook Paarl en Wellington ... koester ek met my hele hart!!

WONDERLIKE tye!! Ons het die gelukkigste grootwordjare gehad. Sorgvry en vol lag.

Ons was 'n ruk saam op skool in Kuilsrivier (laerskool) en Paarl (hoerskool) Al was hy 'n standerd bo my, het ek altyd voor skool en pouses seker gemaak hy is by my.. en hom nie onder my oe laat uitgaan!!

Sal ek ooit ons Namibia toer vergeet... Dit was 1 van my en Marius en Sandra Rossouw se hoogtepunte. Ons kan oor hierdie toer alleen 'n boek skryf!! Die agter sitplek in die bus was ons s'n. Ons toerleier het paar keer op daardie rit na en van Namibia kom kyk waaroor die gelag agter in die bus gaan. Waar Marius was was daar altyd 'n gelag !!

Dan ons toer Dubai en Turkye toe. Marius het kans gesien om 7 vrouens saam met hom te neem. Die arabiere en turke het baie respek gehad vir die man met 7 vroue!! En dit het natuurlik ook 'n groot gelag afgegee.

100_0450

Hy het 'n hele paar keer as 'toerleier' oorsee gegaan, en almal wat saam met Marius 'n oorsese toer gedoen het kan vertel watter groot pret dit was! Hy was lief vir toer, reis en musiek. Hy en Hennik het ook 'n liefde vir musiek gedeel. As hy van 'n nuwe kunstenaar hoor het hy dadelik vir my laat weet ek moet vir Hennik vertel om cd of dvd te kry. Hy was ook die eerste persoon wat ek gese het toe ek verlief raak op Hennik.

10937_216544839883_709084883_4135654_3313682_n

Toe ek en Hennik trou was hy Hennik se strooijonker. En toe ek swanger raak was hy die persoon wat ek gekies het om my kind se peetpa te wees. Wie anders?! En hy was Monique se regterhand en bondgenoot toe ek en Hennik in PE gewoon het. Toe Monique 'n klein ongelukkie of 2 met haar motor gehad het in daardie tyd, was Marius en Mark die 2 wat haar moes help en hulle het als stil gehou vir my. Marius en Monique het paar geheime en dinge vir my weggesteek - net soos 'n regte cool oom sou doen!

Op Monique se 21ste verjaarsdag het Marius so ' paar' van sy en Monique se staaltjies vertel.. ook maar goed ek het nie van als geweet!! En toe Monique trou was haar peetpa die een mens wat sy wou he moes heildronk instel op haar.

10937_216541419883_709084883_4135600_3623629_n

Marius was die mees liefdevolle, lojale en pittigste mens wat ek geken het. En groot fun!!

Toe ek die eerste keer hoor Marius het kanker was my 1ste gedagte 'hoekom Marius'?

Marius, ek koester ons grootwordjare en ons herinneringe saam.

Jou eposse en sms'e wat jy die laaste klompie maande vir my gestuur het het ek oor en oor gelees Saterdag nadat ek die nuus ontvang het - ek gun jou die rus en vrede. Ek is hartseer jy is weg, maar bly jou lyding is verby.

Jy verdien net die beste, en ek weet waar jy nou is is die beste plek om te wees.

Ek is baie lief vir jou !!

Huldeblyk aan Marius (1)

Liefste Marius ons se totsiens aan jou wat jou kankerstryd met soveel dapperheid geleef het! Die Liewe Heer het geweet jy kan nie meer en jou kom haal! Ons koester die lekker geselsies net 2 dae voor jou heengaan! Dit sal ons altyd by bly "Oh the joy that glad meeting where the saints who for us wait what a blessed happy meeting just inside the eastern gate". Marius ons salueer jou!

Deon, Naomi en Kinders





Ons is verslae, geskok en hartseer met die skielike heengaan van Marius vir wie ons so lief was. Jy was so naby ons - so lekker saam gekuier, saam gelag en saam gehuil. Gaan jou oproepe en sms'e mis! En jou lag!

Ons le ons droefheid en verwarring aan die voete van Jesus met die stille geloofsvertroue dat God in beheer is van ons lewens "Marius was 'n spiritual being just having an earthly experience". Kyk uit na die ontmoeting by die oospoort saam met al ons geliefdes wat jou alreeds verwelkom het Ons gaan jou ontsettend mis!

Oom Thomas en tannie Ruth



Marius, engelkind, jy was van geboorte af "special" - altyd so sag en n ware gentleman. So jammer jy's nie meer daar om te sien hoe lief almal vir jou was. Jesus hou U arms om hom, hy's so broos, maar ons weet hy's veilig by U.

Marius, we love you so much xx

Joytjie en Kowie


Liewe Marius

Dankie dat jy vir my so 'n wonderlike peetpa en ware vriend was.
Dit vat iemand baie spesiaal om so 'n slag met mense te he; jy het altyd oral met gemak
ingepas en ek kon nooit wag om te hoor watter se-ding jy volgende mee gaan opkom nie.
Vandat jy my kleintyd die Achy Breaky Heart danspassies geleer het tot die toespraak wat jy op my troue gelewer het, baie dankie vir al die spesiale herinneringe.

Ek gaan jou baie mis
Liefde
Monique


"May you find comfort in the arms of an angel. You were my special"
Love
Celeste


Baie jammer om te hoor van Marius. Die een keer wat ek hom wel ontmoet het by ons familie reunie, het hy 'n blywende positiewe indruk gelaat wat my altyd by sal bly. Daarom gaan my hart uit na sy naby familie en ek sal hulle opdra in hierdie hartseer tyd.

Liefde

Estelle



Monday, December 7, 2009

Met Leedwese - Update


'n Skielike doodstyding laat mens met 'n lam, onwerklike gevoel.
Gisteroggend is Marius ons neef na 'n kort siekbed oorlede.
Oom Henry, tannie Beatie, Karin, Andre, Wiaan, Christelle, Sarel, Michael en almal wat vir hom lief is, ons innige simpatie met die groot verlies. Mag julle ons Vader se liefde en vrede in die dae wat voorle ervaar. Ons bid vir julle sterkte toe.
Begrafnisreelings:
Woensdag 9 Desember om 14:00 by Durbanville AGS, St Johnstraat, Durbanville

Verjaarsdae 7 - 13 Desember

Net so voor Kersfees 'n week propvol verjaarsdae. Dis lekker om sommer twee geskenke in Desember te kry!

ANJA
Smit
(Tannie Babsie se kleindogter)
op die 7 de
SAAM MET
FRANCOIS
Viljoen
(oom Piet se kleinseun)
wat 'n baie spesiale 21 ste verjaarsdag het
******************************
DIEKIE
Oosthuizen
(Maxie se man)
op die 9 de
SAAM MET
CHRISTA
Vermeulen
(Tannie Joy en oom Kowie se dogter)
wat ook 'n spesiale 40ste verjaarsdag vier
*****************************
AMANDA
Callaghan
(Bennie & Zet se dogter)
op die 10de
SAAM MET
GIDEON
van Niekerk
wat 'n spesiale 18 de verjaarsdag het

******************

RUAN
Hamman
(Billy en Bokkie se kleinseun)

op die 13 de

BAIE GELUK AAN JULLE ALMAL

MET JUL VERJAARSDAE

HOOP DIS VIR JULLE 'N BESONDERSE DAG EN JAAR