Tuesday, July 28, 2009

My oupa

Ek vra baie dat ouers en grootouers bietjie met hulle kinders en kleinkinders moet spog en van julle is wonderlik om dit met ons te deel. Vir die eerste keer het ek 'n kleinkind gehad wat met haar oupa spog en ek plaas die briefie net so.

Hier is fotos wat ons op oupa se 77ste Verjaardag geneem het . Ek en Jaco het die nwk vir Oupa en Tannie Ina in Vredendal gaan kuier!

Dit was baie lekker gewees! Tannie Ina het ons bederf met 'n heerlike maaltyd en nagereg. Vir oupa baie bederf. Oupa het baie persente en kuiergaste gekry! Oupa lyk goed, maar die gedagtes dwaal maar soms.. Dit is baie hartseer, maar oupa is steeds die grootste GENTLEMAN wat daar is .. so beleefd soos altyd en vol liefde.

Oupa lees baie afr. leesboeke wat hy / tannie Ina vir hom by die Bib uitneem. Speurverhale ens. Oupa geniet dit vreeslik en natuurlik geniet oupa steeds sy teetjie . Oupa is nie meer so vas op sy voete nie en geniet dit steeds so om ook sy trein stories te vertel, veral van De Hoek. Ons geniet dit so as hy alles vir ons vertel, elke keer anders en snaakser. Oupa se hy hou meer daarvan om sy stories vir Jaco te vertel, want ek verstaan ne so lekker al die treingoeters nie .. he he :0)Oupa, altyd tyd vir 'n ou grappie! Oupa is 'n Liewe Dierbare mens en ons hoop hy word nog JARRRRE gespaar vir ons almal. Oupa Gerrit is enig in sy soort. Foeitog, hy praat baie van ouma Tossie en mis haar vreeslik baie .. Ons is so baie lief oupa !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Dis 'n voorreg om so oupa te he en ons hele hart is vol liefde vir en van oupa!!!!!!!!!!!!!!!!

Dankie vir die foto's en storie Lindi, ek's seker oupa Gerhard is trots op sy kleinkinders.

Enige iemand wat ons meer van hulle oupa, ouma, ma of pa wil vertel?

Monday, July 27, 2009

Verjaarsdae 27 Julie - 2 Augustus

Hierdie week is sommer propvol verjaarsdae:

MARTIN FREEMAN

(Pieter se skoonseun)

OP DIE 27 ste

********************

CHANTAL PIENAAR
(Oom Sammy se dogter)

OP DIE 28 ste

***********************

MICHAEL PREUSS
(George se seun)

OP DIE 30 ste

SAAM MET

GAWIE ROSSOUW

(oom Deon se skoonseun)

ONS WENS VIR JULLE 'N BAIE MOOI DAG

EN GESEENDE LEWENSJAAR TOE

Tuesday, July 21, 2009

Hier's van die Stemmets ook

Ons het die foto's van die Stemmet familie gekry. Oom Kowie met sy pragtige kleindogter Danae op die strand. Die kleinding is nou 2 jaartjies (29 maande) oud en die dogter van Celeste en Werner von Molendorf. Danae saam met Pikkie! Christa en Ockert (Vermeulen) se seun Milann presteer baie goed in die Marimba en ons sal nogal meer hiervan wil hoor Christa. Hier is die ou besig met een van sy meestersklasse. Hier is die drie kleinkinders. Ons het laas van klein Kriston gehoor toe sy nog baie klein was . Sy is nou 1 jaar (20 maandjies oud) . Hier is sy by haar nefie en niggie.

Tannie Joy met haar seun Pieter.


Dankie vir die aanstuur van die foto's Christa, ons waardeer en julle kan gerus maar meer spog.

Monday, July 20, 2009

Verjaarsdae 20 - 26 Julie

Hierdie week is daar net een verjaarsdag en ons kan al ons wense vir hierdie aantreklik jongman gee.

JACO HAMMAN (Jnr)
(Marie se oudste)
VERJAAR OP DIE 22 STE


BAIE GELUK MET JOU 17 DE VERJAARSDAG
ONS HOOP JY HET 'N WONDERLIKE DAG
EN WONDERLIKE NUWE LEWENSJAAR!

Tuesday, July 14, 2009

'n Ouma se trots

Daar is BAIE familielede wat kies om die vra van foto's te ignoreer en so ook die versoek om hulle lief en leed met die familie te deel. Hoekom weet ek nie, want almal neem tog foto's en met die tegnologie moet daar iemand wees wat die foto's kan aanstuur.
Daar is baie familielede wat ek en ander nie eers ken of weet hoe hulle lyk nie. Met die blog die laaste jaar, het ek en julle wat lees egter met 'n klomp nuwe familielede kennis gemaak.
So dankie aan almal wat nuwe baba foto's ens. gestuur het. Die outjies ken ons nou en ons hou hulle vordering met belangstelling en liefde dop, al sien ons mekaar nie elke dag nie.
Dankie aan ALMAL van julle vir wie dit nog belangrik is om ook so kontak met die familie te he en te hou. Vir wie familie belangrik is.
Twee sulke kleingoed is Maxie se kleinkinders .... Maxie dankie vir die nuwe foto's - ek en die ander waardeer dit vreeslik en hulle is pragtig! Sy stuur ook groete en liefde vir julle almal! Hier is ouma Maxie met haar kosbare kleinkinders. Christelle en Euan vroeer die jaar by Lambertsbaai. Hierdie kleinseun van jou word darem yslik groot Maxie. Prinses Maya is net so groot en pragtig.
Dankie Maxie!

Monday, July 13, 2009

Verjaarsdae 13 - 19 Julie

BAIE GELUK AAN

SCHALK VILJOEN
(Oom Dan se kleinseun)

WAT OP DIE 16 de VERJAAR

EN

KOWIE STEMMET
(Tannie Joy se man)

WAT DIE 17 de VERJAAR
EN
VINCENT GROBLER
(Eddie se skoonseun)
OP DIE 19 de
SAAM MET
OOM GERRIT MARITZ
en
SANDRA ROSSOUW

ONS HOOP DAT JULLE 'N WONDERLIKE DAG
EN NUWE LEWENSJAAR GAAN HE

ns Van al hierdie gesinne het ons nie regtig foto's om te wys selfs met verjaarsdae nie, kom aan ouens stuur bietjie

Tuesday, July 7, 2009

Kyk hoe groot word ek

Sarel en Christelle het vir ons nuwe foto'tjies van klein Michael gestuur. Hy's nou ampertjies 3 en 'n halwe maand oud en kyk net hoe oulik.




Dis regtig 'n vriendelike mannetjie hierdie .... dankie dat julle die foto's met ons gedeel het.

Monday, July 6, 2009

Verjaarsdae 6 - 12 Julie

Hierdie week is daar niemand wat verjaar nie.
Wens almal van julle wat hier lees
'n mooi week toe!

Sunday, July 5, 2009