Wednesday, April 29, 2009

Bietjie nuus van my kant ook

Alhoewel ek die foto's van die familie plaas is daar nie altyd baie van my en my gesin nie en die rede weet die meeste van julle ... ons nuus is alles op 'n ander blog hier. En vandag is die familieblog amptelik EEN JAAR oud en steeds weet ek nie wie van julle dit lees nie. Laat bietjie weet met kommentaar of epos. Dankie vir almal wat hulle lief en leed met ons deel - dit is 'n manier om met mekaar kontak te hou.
My eie spog vandag ... Ons oudste James het verlede week sy B.A. Hons Sport Wetenskap behaal. Hy het ook intussen 'n permanente aanstelling by die American International School in die dorp gekry en dis lekker om hom naby ons te he. Baie geluk seun ons is trots op jou. Vir hoe lank hy nog in die "huis" gaan wees is ek nie seker nie want verlede Sondag het hy die groot stap geneem en aan Leane (Botha) verloof geraak. Leane is nog tans besig met haar honneursjaar in B.Sc Geologie en daarna sal ons seker weet wanneer die twee beplan om te trou. Baie Geluk julle ....!!!!

Tuesday, April 28, 2009

'n Wynroete saam met twee kenners

Ek het al voorheen vertel dat ons in die familie twee uiters bekwame "wynkenners" het en nou praat ek nie hier van Ronelle en Hennik nie ..... Ronelle hulle het onlangs voor die KKNK 'n geleentheid gemaak om saam met die twee kenners op 'n wynroete te gaan om nog meer kennis te gaan opdoen. Tannie Omie en Ruth besig om die wyne te bespreek. Uit ondervinding en in die bevoorregte posisie om self so 'n "lesing" van hulle by te woon, kan ek met alle eerlikheid se hulle ken die verskil tussen 'n boks en bottel wyn en teen 2009 en 2007 wyne. Ek is seker die manne, oom Deon, oom Thomas en Hennik het die bespreking interessant gevind. Kyk net hoe rustig proe die manne terwyl die tannies hulle glase vashou asof hulle bang is iemand gaan dit weg vat :-). Oom Deon en oom Thomas by die ingang van Graham Beck. Waar is die tannies? Ok dit kan nie van die proe wees dat hulle modelle speel nie. Hier is hulle besig om reg te maak vir proe by die Boland Wynkelder. En dan is dit tyd vir lekker middagete in die Paarl by Proviant met die twee tannies wat heerlike afval=kerrie eet. Ronelle ek sien jy het die "trick" by my geleer - as mens self foto's neem kom jy nie in hulle nie. Dankie vir die aanstuur.

Monday, April 27, 2009

Verjaarsdae 27 April - 3 Mei

Mens kan amper nie glo dis alweer einde April nie. Ons verjaarsdae hierdie week is:

BOKKIE DE KOCK
OP DIE 30 STE



TJ CAMPBELL
(Johan & Marietjie se seun)
WAT 12 JAAR OUD WORD
OP 1 STE
EN KLEIN

CARLU PIENAAR
(Oom Sammy se kleinseun)
WAT 'N HELE 2 JAAR OUD WORD
OP DIE 2 de
BAIE GELUK AAN ALMAL VAN JULLE
MOOI DAG EN JAAR WORD JULLE TOEGEWENS

Thursday, April 23, 2009

Antwoord op die paparatzi se foto's

Na die paparatzi foto's verlede week het ek hierdie as ontvang. Kyk ons wil nou nie in 'n koekgooiery betrokke raak nie :-), maar ek's lief dit om die foto's te ontvang. Daarom gaan ek 'n kompetisie begin waarvan julle binnekort per e-pos sal hoor. Daar was nie net koek geeet op die kunstefees nie, maar ook roosterkoek. En hierdie twee lyk asof hulle dit baie geniet. Ronelle se dat siende haar diete-vergeet-skande nie die blog en paparatzi se oe kon ontglip nie, moes sy net hierdie een stuur van Karin haar-diete-vergeet-maatjie. Daai stuk wortelkoek is nie tannie Beatie s'n nie. Die klomp van hulle het die kunstefees baie geniet en ek's seker daar was groot pret. Waar's die foto's?!

Tuesday, April 21, 2009

Die papparatzi berig

As 'n mens "bekend" is, moet mens weet dat daar altyd iemand sal wees wat jou iewers in 'n straat, dorp, restaurant of fees sal herken - dus was ek glad nie verbaas toe ek hierdie foto en epos ontvang het nie :-)
"Ons het hierde foto by die Paparatzi gekoop, waar ons niggie betrap is onder die opskrif 'KKNK_laat mens van diete vergeet'. Ons het gedink dat die inligting na die blog toe gestuur moet word vir geheime bewaring. Lekker naweek v julle .....
Dankie vir die storie en aanstuur. Ek het die niggie van ons gevra vir foto's maar sy wou nie deel nie, dit sal haar leer :-).

Monday, April 20, 2009

Verjaarsdae 20 - 26 April

Ons se BAIE GELUK hierdie week aan













NICOLE STRICKLAND

(Eddie se dogter)


OP DIE 20STE


21 WORD !!!!








GABI WUISTER

(Jeanette se skoondogter)


OP DIE 24 STE






LOUIS KOEN

(Valerie se oudste seun)


OP DIE 25 STE



SAAM MET




DEON VAN NIEKERK


BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAG EN


MOOI JAAR WAT VOORLE!

Tuesday, April 14, 2009

Die Maritze kom bymekaar

Hoe lekker om te sien hoe die kleingoed groter word!. So 'n tydjie terug het Leon by sy kleindogter gaan kuier haar vir die eerste keer gesien, en hier is 'n paar foto'tjies daarvan. Klein Marizelle is nou 6 maande oud en kyk net hoe cute. We ek's by my oupa! (Leon jou kleindogter het meer hare op haar kop as jy). Op die balkon saam met oupa, tannie Carin-Lee, mamma Ilse en pappa Marius. Ilze, Carin-Lee en Marius. Nog 'n paar foto'tjies van Marizelle. Is daai tongetjie nie te oulik nie. Seker julle wil haar net op soen. 'n Familiefoto v.l.n.r. Marius, Ilze, Marizelle, Jaco, Lindi, Leon, Carin-Lee en Carin. Die ou afwesig is Hough.
Dankie Ilze dit is lekker om julle klomp te sien!
(Waar is julle ander se foto's?)