Tuesday, March 31, 2009

Wat vang hulle in UAE aan?

Hierdie beriggie van Monique (Ronelle & Hennik se dogter) in Dubai ontvang.

Ek het so 2 weke terug op Radio 2 vir die Andrea Bocelli konsert 2 kaartjies gewen. Hulle het op die radio die eerste versie van n bekende pop liedjie in so opera stem gesing, ek het dadelik geweet dis Dancing Queen van Abba se woorde en toe vir hulle gesms... gelukkig het ons baie Abba in ons ouerhuis geluister! Ek was vreeslik opgewonde toe die omroeper, Steve, my toe bel en se hy kies my om te wen! Maar so 2 dae voor die konsert raak dit nog beter... die Radio 2 mense bel toe weer en se hulle het my uit al die week se kaartjie wenners gekies om n 'meet & greet' pass te wen! So ek en Renier het nie net verniet die kaartjies gekry nie, maar na die vertoning onsself gaan voorstel en sy hand geskud! Hy lyk vir my jonger van naby as wat mens sou dink en het n vreeslike sagte persoonlikheid. Was beslis n onvergeetlike oomblik!
Terwyl ons toe daar staan en hom ontmoet begin ons gesels met nog n ander vrou wat ook die eer gehad het. Sy vra ons toe vir haar n lift tot by die volgende hotel sal gee dat sy net makliker n taxi huis toe kan kry. Ons se toe natuurlik ja en so oppad kar toe vra sy of ons die volgende aand Coldplay gaan kyk. Ons het nie kaartjies gehad nie (die Rugby Worldcup 7s het ons maandelikse 'event' budget n helse knou gegee). Sy se toe maar sy werk vir die groot borg Aldar Properties en sy het nog n paar VIP kaartjies vir Coldplay as ons belangstel... ons kon nie ons geluk glo nie en so het dit toe gekom dat ons die volgende middag weer die tog 165km van ons woonstel in Dubai na Abu Dhabi trotseer deur die shamal en al en vir die 2de aand in n ry n fantastiese konsert kyk sonder dat dit ons n fil kos!!

Dit het vir so halfuur vreeslik hard gereen terwyl Coldplay gesing het, maar dit het ons nie gekeer om die konsert gate uit te geniet nie!

Was baie baie baie cool.... Sal dit nooit vergeet...

Dalk is die woestyn nie so dor plek soos ek gedink het nie : )
Ek stem Monique nie 'n slegte plek nie, daarom dat ons al elf jaar hier sit!

Monday, March 30, 2009

Verjaarsdae 30 Maart - 5 April

Alhoewel daar klaarblyklik niks aangaan by die familie nie, is daar 'n klomp mense wat hierdie week verjaar! Ek wonder hoeveel van julle wel van hulle kontak?
Op die 30 ste


Fullux
(Linda van oom Dan se seun)





EN


Viljoen
(Oom Dan se agterkleindogter)

Op die 31 ste
is dit
TANNIE




OP DIE 2 DE APRIL
IS DIT

Holloway
(Sandra & Eddie se jongste)
SE 16 DE VERJAARSDAG!!



EN OP DIE 5 DE

HEYNS
(Oom Henry & tannie Beatie se oudste dogter)
BAIE GELUK AAN JULLE ALMAL
EK HOOP DAT DIE DAG 'N BLESSING
EN DIE NUWE LEWENSJAAR PROPVOL
VREUGDE SAL WEES.

Monday, March 23, 2009

Verjaarsdae 23 - 29 Maart

Ons verjaarsdae hierdie week is:
OP DIE 23 STE



DREYER
(Tertia en Andre se jongste)
***************************
OP DIE 26 STE

KOEN
(Die eerste kleinkind van ouma en oupa)

**********************************************
OP DIE 27 STE

PRINSLOO
(Denise se kleinseun wat 2 word
**********************************************

Ons wens julle almal 'n wonderlike, spesiale, geseende verjaarsdag en 'n voorspoedige nuwe lewensjaar toe.