Monday, January 26, 2009

Verjaarsdae 26 Januarie - 1 Februarie

So aan die einde van die maand het ons twee verjaarsdae.

BAIE GELUK



FULLEX
(Linda van Oom Dan se man)

op die 27 ste

**************************************************




CAMPBELL
(Tannie Ruth se jongste seun)
Op die 29ste
**********************************************
MET JULLE VERJAARSDAE
WENS VIR JULLE NET DIE MOOISTE
TOE VIR DIE DAG EN JAAR

Wednesday, January 21, 2009

Oom Henry en sy gesin kuier saam

Desember en Januarie is gewoonlik die tyd waar familie bymekaar kom en saamkuier. Lekker! Dankie aan Christelle wat van hulle foto's aangestuur het .... julle ander kan gerus maar vir ons 'n foto of twee stuur.
Hulle het vroeg in Januarie bietjie gaan vakansie in Victoriabaai. Andre, het blykbaar vir 'n geskiedkundige gebeurtenis gesorg, toe hy vir almal ontbyt gemaak het :-) en daar moes net 'n foto van geneem word. Hy lyk baie in sy skik met die eindresultate.



Een van die dae is daar na George se spoorweg museum gegaan waar oom Henry dit omtrent geniet het. Christelle se dit was 'n lekker down memory lane trip vir hom.

Gedurende hulle kuiertjie by Victoriabaai het oom Henry en tannie Beattie blykbaar gereeld weggeglip sonder om te se waarheen en dan is hulle "gevind" by die strand se restaurantjie. Duidelik was Andre se kos nie heeltemal genoeg vir hulle nie :-). Hierdie foto is tydens so 'n "heter daad betrap" geleentheid geneem.

Rene, Ronelle, net om twee te noem, ek wag vir julle stories!

Monday, January 19, 2009

Verjaarsdae 19 - 25 Januarie

ONS VERJAARSDAG "maats"
VIR HIERDIE WEEK IS ...
MARITZ
(Leon se vrou)

OP DIE 19DE

*************************************************

FULLEX

(Oom Dan se dogter)

OP DIE 20STE

****************************************

Campbell

OP DIE 21STE

********************************

Du Toit

(Ronelle en Hennik se jongste)

OP DIE 25 STE

***************************

BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAG

ONS HOOP JULLE WORD LEKKER BEDERF

EN NET DIE MOOISTE VIR DIE NUWE LEWENSJAAR!

Tuesday, January 13, 2009

Mariska en Fransie (Francois) se onthaal

'n Bietjie laat maar hier is van die onthaal foto's van Mariska en Fransie se troue in Desember. Mense op die onthaal wat julle sal ken is .... hierdie ou .... of miskien ken julle hom nie Chantal?! Was Schalk nie op die troue nie? Hier gesels Jaco, Andre (pa van die bruid) en Marie oor 'n baie interessante onderwerp. Nog steeds aan die gesels, en Marie waai darem vir die kameraman. Adele gesels ook nou saam. Tannies Gwen en Marie (ouma van die bruid) kuier saam. Die neefs en niggie om dieselfde tafel. Ons klomp om die tafel. Die ouma "drink" en die ma-en-pa-van-die-bruid lyk vir my baie moeg. Tyd vir toesprake en Viljoen stel heildronk op sy ma en pa in. Madre doen die heildronk op die bruidspaar. Die bruid en haar pa op die dansbaan. Die bruidegom het 'n hele klomp ondersteuners tydens sy toespraak. Die bruid maak reg om haar blomme te gooi terwyl 'n hele klomp hoopvolles wag .... Dan is dit die bruidegom se beurt om die kousrek te gooi na 'n klomp manne ... waar party moeite doen om dit te vang!