Tuesday, December 30, 2008

Tes se Mariska hou kombuistee

Vroeer die maand het ek geleentheid gehad om Mariska se kombuistee in Velddrif by te woon. Dis by een van die plaaslike restaurantjies gehou met so 'n lekker Weskus atmosfeer en arme Mariska is vreeslik aangetrek deur haar ousus Madre. Hier is ouma Marie, Madre en Nelmari besig om 'n ernstige saak te bespreek. Natuurlik het ek amper niemand hier geken nie, maar daar was 'n klomp van haar vriende en aanstaande familie teenwoordig. Die gebruiklike raai-reg-of-eet-iets en mens kan sommer sien dit was nie 'n maklike raaiskoot nie. Ag tog wat gaan hulle nog met my doen dink Mariska. Ek dink nie iemand het dit meer geniet as ma van die bruid Tertia nie, en sy het gelag soos net Tes kan lag. Wat sou sy hier besig wees om te doen? Dis plekkie waar hulle die kos reggemaak het. Na die tyd kuier Mariska saam met van haar vriende wat dit bygewoon het en ons eet 'n lekker aandete uit regte blikborde en bekers, heerlik!

Monday, December 29, 2008

Verjaarsdae 29 Desember - 4 Januarie

Die oujaar is aan die uitloop en die nuwe le voor. Ek weet nie of dit altyd 'n goeie tyd geskenkgewys is om te verjaar nie, maar dit maak nie saak nie - ons wil nog steeds elkeen van julle 'n BAIE wonderlike verjaarsdag en GESEENDE nuwe lewensjaar toewens! Die verjaarsdagmense hierdie week is ...
Op die 30ste Desember



Callanghan
(Amanda van Bennie se seun)
***************************
die 31 ste


Krouwkamp
(Leon van tannie Tossie se oudste)
EN


Smit
(Rene van tannie Babsie se seun)
****************************

Op die 1ste dag van 2009 is dit


Campbell
(seun van tannie Ruth)
wat verjaar.

Friday, December 26, 2008

Die kleinding word groter by die dag

Ek kan sommer sien dat klein Marizelle alreeds haar tannie Lindie heeltemal in haar sak het ... en julle sal op die foto's sien hoekom. Hier is 'n paar nuwes wat geneem is toe sy rondom 10/11 weke oud was. Lyk asof sy niks wil mis nie. Klaar besig met die tongoefeninge. Badtyd lyk na pret. Marizelle met haar mamma Ilse. Kyk net hoe groot is sy al!
Dankie Lindie dat jy ons op hoogte hou van haar vordering, ons geniet elke nuwe foto'tjie van haar.
Julle ouens moet volgende week kom lees en kyk na die nuutste troue in die familie (dis nou waarvan ek weet). Laat kom die nuus van julle Kersvierings en vakansie!

Wednesday, December 24, 2008

Kerswense vir almal



Hi al die familie

Spesiaal aan al die niggies en nefies. 'n Geseênde Kersfees aan jul almal en 'n baie Voorspoedige Nuwe Jaar. Die wat ver gaan ry, moet veilig ry.

Ons self sluit die deli 24 Des en dan is ons sak en pak St Helenabaaai toe om bietjie uit te span en te chill. Ek sal probeer fotos stuur na die tyd.

Groete en Liefde
Rene en ge

Ons wens al die familie 'n Geseende Christusfees toe en 'n Wonderlike Geseende 2009! Geniet die tyd saam met julle families en stuur hope foto's om met die ander te deel :-).

Liefde
Die Holloways
Abu Dhabi

Monday, December 22, 2008

Verjaarsdae 22 - 28 Desember

Hierdie week is daar baie verjaarsdae wat ons vier.

Op Kersdag is daar sommer DRIE!!!

VILJOEN

DREYER


en




ROSSOUW
***************************




GERMISHUYS
op die 26 ste
*****************************



WUISTER
op die 27 ste
**************************
EN

VILJOEN
wat op die 28 ste verjaar
******************************
BAIE GELUK AAN JULLE ALMAL
EN EK HOOP DAT JULLE 'N WONDERLIKE DAG
EN NUWE LEWENSJAAR GAAN HE!