Thursday, November 27, 2008

Foto's van die nuutste familielid

Weet nie of julle oor babatjies voel soos ek nie, maar ek kan net nooit genoeg van hulle sien en hoe hulle groter en ouliker word nie. Darem dankie Lindi vir die nuwe foto's van klein Marizelle. Die van julle wat vergeet het wie sy is, loer bietjie hier. Sy is nou ses weke oud en kyk hoe wakker is daai klein ogies. Vier geslagte bymekaar, Marizelle, haar mamma Ilse, ouma Mariene en oumagrootjie Babs. Marizelle saam met mamma Ilse en pappa Marius


Vertel bietjie wat die familie oor die Kerstyd gaan doen?!

Monday, November 24, 2008

Verjaarsdae - 24 - 30 November

Die laaste week van die maand en ons het twee wat verjaar...

OP DIE 25ste
is dit


DE GOUVEAIA
(Bennie se jongste dogter)
SE VERJAARSDAG
********************************************


SMIT
(Rene se dogter)
VERJAAR OP DIE 27STE
***********************************
BAIE GELUK JULLE TWEE!!
ONS WENS JULLE 'N MOOI DAG TOE
EN ALLES VAN DIE MOOISTE VIR DIE NUWE LEWENSJAAR

Thursday, November 20, 2008

Kersfees kom nader

Ek hoor van 'n redelike betroubare bron dat daar tannies is wat nou voor Kersfees nie een straatmark of "uitverkoping" mis nie. Sy vertel dat 'n "peetma-van-vele" een van die grootste shoppers is en dat sy haar by elke markie raakloop. Nou wonder ek net hoekom is sy ook by elke markie? :-). Vir die van julle wat daarvan hou om spesiale geskenkies te koop vir die spesiale mense in julle lewe, gaan loer bietjie by die onderste twee winkels in vir groot Kersuitverkopings en se ook sommer hallo vir familie! Die Hadeda winkel in Kaapstad, is in Dunkley square, Wandel Str. Vir foto's wat ek daar tydens my besoek geneem het, loer bietjie hier. Vanaf 1 Desember is hulle oop vanaf 09:00 - 20:00 Maandag tot Vrydae, 09:00 - 18:00 op Saterdae en Sondae en vakansiedae vanaf 09:00 tot 17:00. Die persoon om hier mee te gesels is Anneke (Ronelle se dogter). Dan het hulle nog 'n tak oopgemaak vir julle ouens wat nader aan die Noordelike Voorstede bly en daar kan julle lekker saam met Ronelle gaan kuier. Die winkel is in die Willowbridge winkelsentrum, direk oorkant die Tygervallei Sentrum. Die winkelure is dieselfde as by die ander winkel. En as julle regtig niemand het om voor geskenkies te koop nie, onthou ek is in SA vanaf 29 Nov - 15 Des :-)!

Vir meer inligting loer sommer na hulle webblad hier.

Lekker shop!

ns. Laat weet bietjie hoe het dit gegaan by al die skoolprysuitdelings, die universiteite, familiebyeenkomste, kuiers, werke en sommer orals asb.

Ek kry geen afslag of voordele vir hierdie advertensie nie :-)

Wednesday, November 19, 2008

Tuesday, November 18, 2008

Slide 28 - Reunie

Bennie was die jongste en'n legende in sy eie tyd. Hy was baie lief vir sing, in die kerkkoor, 'n 3-man groep gestig en 'n jeugkoor in Worcester afgerig. Soos al sy broers was hy sportmal. Hy was 'n mens-mens en het altyd mense na sy huis genooi. By talle geleenthede was hy seremoniemeester, vol humor en 'n regte plaatjie. Hy was 'n steunpilaar en mense kon hom in die nag bel, dan is hy dadelik daar.
Hy het na ouma se dood by oom Henry gaan bly en was baie lief vir eet. Tannie Beatie het altyd net nodig gehad om vir hom 'n sms te stuur met die woord "kos" op en 'n halfuur later was hy daar

Monday, November 17, 2008

Verjaarsdae 17 - 24 November

Ons se BAIE GELUK vir die volgende persone wat hierdie week verjaar ...

JACO
Krouwkamp
(Lindi van Leon se man)
OP DIE 19 DE
**********************************************

SCHALK

VILJOEN

(Pieter van Oom Piet se seun)

OP DIE 20 STE

******************************************

EDDIE

Holloway

Wat sy 50 ste verjaarsdag vier

op die 22 ste

******************************

Hoop julle het 'n wonderlike dag

en 'n baie geseende nuwe lewensjaar !

Wednesday, November 12, 2008

Nog 'n bietjie spog en nuus

Ek het die volgende nuus van die Maritze uit Pretoria ontvang:

Leon is vir die volgende 3 maande in Tanzania waar hy werk. Ons bid vir hom dat dit net goed sal gaan en dat die aanpassing nie te moeilik sal wees nie. Julle kan gerus vir die ou skryf of kontak by die volgende adres: leon.maritz7(at)gmail.com (dit word so geskryf dat dit nie deur die spam masjiene opgetel word nie) en sy telefoon nr is: nul, twee, vyf, vyf, sewe, vyf, twee, ses, ses, nege, nege, vyf, twee.

Verder het sy twee jongstes ook goeie prestasies behaal. Altwee (Hough en Lee) is borgskappe by hulle hoerskool aangebied waar hulle uitblink in atletiek en rugby. Lee het deelgeneem aan die Klub kampioenskappe (Gauteng kleure) en ons hoor graag wat daar gebeur het.

Tuesday, November 11, 2008

Slide 27 - Reunie

Tannie Joy, Oom Kowie en hulle familie. Daar is bietjie ou foto's ook, maar ongelukkig het ek niks nuwes ontvang nie.








Monday, November 10, 2008

Slide 26 - Reunie

Wat tannie Joy betref het ek net mooi niks stories oor haar ontvang nie. Dit kan wees dat die ouer kinders te besig was met hulle eie kattekwaad dat hulle nie hare onthou nie of dit kan wees dat sy niks verkeerd gedoen het nie ...dit kan ek egter nie heeltemal glo nie! Veral as mens hierdie foto van onlangs sien. As mens so lag dat die trane loop .... is jy besig om iets stouts te doen of te onthou :-p

Verjaarsdae 10 - 16 November

Hierdie week word die volgende persone geluk gewens:

PETER

De Kock
OP die 10 DE


*****************************

RICUS

Oosthuizen
OP die 14 DE
*****************************
PAULINE
Preuss
OP die 15 DE
************************
ONS WENS JULLE 'N WONDERLIKE VERJAARSDAG
EN LEWENSJAAR TOE !




NS Skuus daar is niks prentjies en goed nie, ek is tans nog sonder my rekenaar.

Wednesday, November 5, 2008

Slide 25 - Reunie

Hulle vertel dat in die vroee 50tigs was hout skooltasse vreeslik mode en hulle wou tog so graag een he. Rannie Ruth, Omie en oom Sammy het ouma so gesoebat dat sy later ingegee het en die buurman (wat 'n skrynwerker was) is gevra om die tasse te maak. Maar g'n mates is deurgegee nie, en die oom het ook nie gevra nie. Oopgewonde het hulle gewag vir die tasse - en toe die teleurstelling. Dit lys soos 'n "potmento" (ou groot kiste wat die ou mense vroeer gebruik het om hulle klere in te pak as hulle op reis gaan). Hulle het baie klein gelyk as hulle soggens die pad skool toe aangepak het met die tassie ... maar dra moes hulle dra want ouma het daarvoor betaal!

Tuesday, November 4, 2008

Slide 24 - Reunie

Tannie Ruth en Omie was biae lief om konsert te reel en dan vir die kinders in die singel toegangsgeld te vra om dit by te woon. Hulle het die motorhuis in 'n teater omskep en pouses het almal oros, koekies, wilsons en star lekkers gekry. Tannie Joy en haar vriendinne is deur tannie Ruth afgerig om ballet opvoerings te gee en so het die klomp mekaar besig gehou.

Monday, November 3, 2008

Verjaarsdae 3 - 9 November

Ons het hierdie week 'n paar spesiale mylpale wat bereik word. Ongelukkig het ons nie foto's gekry om te wys nie, maar dit verhoed ons nie om vir die volgende drie geluk te wens nie.

Op die 3 de is dit


free logo - http://www.sparklee.com

du Toit

*********************


Custom Glitter Text Graphics - http://www.glittertextlive.com

STEMMET

OP DIE 5 DE

**************

en 'N GROOT EEN ....

Glitter Words Live - http://www.glitterwordslive.com
DU TOIT

OP DIE 8STE

*****************

BAIE GELUK MET JULLE

VERJAARSDAE

EK HOOP DAT DIT 'N BAIE SPESIALE DAG

EN 'N WONDERLIKE GESEENDE JAAR SAL WEES

Saturday, November 1, 2008

Trotse ouma en oupa

Hierdie foto's het 'n baie trotse ouma Maxie vir ons gestuur ... Haar kleinseun Euan is nou 6 maande oud en volgens haar 'n baie stil en vriendelike seuntjie. Ja, nee mens kan sien dat hy sy ouma in die sak het. Klein Maya het nou die dag 3 jaar oud geword en hier is sy in 'n veld van blomme en haar ouma se sy is op die stadium waar stilsit glad nie bestaan nie. Maya en oupa Dixie. Maxie se sy is dierbaar, intelligent, het 'n groot verbeelding en is 'n regte klein grapjas. Ek kan sien haar oupa geniet haar net so.

Dankie vir die deel van die foto's Maxie!