Wednesday, October 29, 2008

Slide 23 - Reunie

Sondagmiddae het ouma altyd na ete bietjie gaan le. Een middag toe tannie Omie omtrent 12 was, het sy en haar vriendin Bessie besluit om uit verveling agter die huis (wat vandag die M5 is), die veld te deursoek vir lee bottels. Dit kon hulle vir een pennie per bottel verkoop. Ouma het wakker geword en die twee meisies uitgevang. Bessie het huistoe gehardloop terwyl tannie Omie 'n goeie loesing gekry het. En die bottels? .... wel oom Sammy het hulle gevind en stilletjies gaan verkoop en die geld vir homself gehou. Al hulle harde werk verniet met 'n pak slae op die koop toe.

Tuesday, October 28, 2008

Slide 22 - Reunie

Tannie Omie en Ruth het altyd saam kwaad gedoen. Tannie Ruth was die slim een om die pak partykeer vry te spring. Terwyl ouma vir tannie Omie begin slaan het, het sy bed toe gehardloop en op haar kniee geval en begin bid. Ouma het dan sommer sag geword, haar jammer gekry en so het sy haar pak vrygespring. Tannie Omie se sy het nooit genoeg moed gehad om dit te probeer nie. (Snaaks dat sy so in meervoud praat - lyk my sy was gereeld stout)
Sy en tannie Beaty het ook eenaand gaan fliek met hulle langbroeke (wat natuurlik sonde was) onder hulle rokke opgerol. Een aand moes hulle nog geld ook bedel omdat hulle nie kon huis toe kom nie. Arme ouma, ek sien sy het swaar gehad met sommige van die kinders

Monday, October 27, 2008

Verjaarsdae 27 Oktober - 2 November

Na verlede week se klomp verjaarsdae
is dit hierdie week algehele
Verjaarsdag stilte
GENIET JULLE WEEK EN MOOI BLY!

Friday, October 24, 2008

Ons dink vandag aan ..


Bennie Viljoen ons broer, man, pa, oupa en familielid wat vandag 2 jaar gelede ontydig van ons af weg geneem, ons mis hom verskriklik baie, veral sy lag en sin vir humor wat nog elke dag by baie van ons gehoor kan word.

Van Zet, Benitha, Amanda en kleinkinders Tristan en Diego

Thursday, October 23, 2008

Wat doen Denise?

Nog iemand wat ek te siene gekry het met my onlangse kuiertjie (....my dagboek het nog bietjie plek as iemand Desember wanneer ek weer daar is wil hallo se :-)), was Denise. Hennik en Ronelle was so gaaf om my na haar werkplek in Stellenbosch te neem. Dit was ook lekker vir my om deur Stellenbosch se strate te ry en daar by Stellenbosch Antieke Winkel in Andringa Straat 'n draai te gaan maak. Gou-gou was Ronelle en Hennik aan die snuffel opsoek na 'n antieke bargain ... wat hulle dan ook gekry het en dit was nie daai boek nie. Hier is die drie niggies. Lekker gewees om jou te sien Denise!

Tuesday, October 21, 2008

Slide 20 - Reunie

Oom Sammy was altyd lief vir musiek en toe Elvis (natuurlik direk van die duiwel volgens ouma) op die toneel verskyn, het hy vir hom 'n draagbare radio gekoop wat so groot soos 'n bedkassie was, se tannie Ruth. Orals waar hy dan gery of geloop het, het Jailhouse Rock en Nothing but a hound dog gespeel. Dan het ouma altyd gebid dat die Here hom moet verlos van die duiwelsmusiek. Later toe oom Sammy tot bekering gekom het, was die Gaithers sy gunsteling. Hy het ook nooit iets leliks van iemand gese nie. Oom Henry vertel dat hy eenkeer by die Wimpy vir Oom Sammy gevra het om die tafel langsaan nader te skuif. Die tafel was vasgeskroef aan die vloer en hy het baie hard probeer en later vies geword toe hy agterkom wat aangaan, maar baie gou lekker saamgelag daaroor.

Monday, October 20, 2008

Verjaarsdae 20 - 26 Oktober

'n Groot week op die verjaarsdag front met baie spesiale verjaarsdae. Skuus as ek nie foto's van almal het nie, maar julle stuur nie. Dankie aan almal wat gereageer het op die versoek vir verjaarsdagfoto's. (Spesiale dankie aan Maxie en Christelle - ek waardeer).

Hierdie week se ons geluk aan


Freeman
(Pieter van oom Piet se dogter)
WAT OP DIE 20ste VERJAAR

*********************

HEYNS

(Karin van Oom Henry se seun)

wat op die 21 ste

16 WORD !!!


**************************

En op die 24ste is dit



ROY

(Christelle van Maxie se dogter)

WAT 'N HELE 3 JAAR OUD WORD !!


****************************
OP DIE 25 ste is dit


VAN NIEKERK

SE VERJAARSDAG

EN ......


BURDEN

(Adele van Denise se dogtertjie)


IS 'N HELE EEN JAARTJIE OUD!
EN


CAMPBELL


VIER SY 70 ste VERJAARSDAG !!

************************

LAASTE EEN VAN DIE WEEK

OP DIE 26 ste

IS DIT


De Gouveia

(Benitha van Bennie se seun)

SE VERJAARSDAG

***************************

AAN ALMAL VAN JULLE ....


BAIE GELUK EN ONS WENS VIR JULLE


NET DIE MOOISTE DAG EN NUWE LEWENSJAAR TOE!

Saturday, October 18, 2008

Nog iemand wat ek raakgeloop het

Vir haar het ek meer as twintig jaar laas gesien .... toe sy en ek baie kleiner was. Dis nog op Springbok geneem.Dit was baie lekker om vir Lindi (Leon van tannie Tossie se dogter) en haar man Jaco in die Paarl raak te loop en bietjie te gesels. Dankie vir die tyd maak Lindi!

Thursday, October 16, 2008

Welkom jongste familielid!

Ons wil net welkom se vir
Klein Marizelle Geyser
wat Vrydag 10 Oktober gebore is.
Sy het 3.64 kg geweeg en is 'n hele 51 cm lank



Geluk aan pappa Marius en mamma Ilze (dogter van Leon)
met haar geboorte.
(Lekker speel tannie Lindi en oom Jaco!)