Thursday, August 28, 2008

Goeie Nuus !!

Christelle en Sarel is swanger met hul eersteling en die voorlopige datum van die nuwe familielid is 6 April. Baie geluk julle twee!!

Slide 16 - Reunie

My pa Billy was 'n welsyn mens en altyd daar vir almal. As daar siekte was, was hy eerste daar en as hy kon help, sou hy sy laaste gee. Hy kon pragtig sing en kitaar en lepel speel. Toe oom Henry sy eerste kar koop ('n Austin 40) vra my pa of hy een Sondagmiddag daarmee kan ry. Hy ry toe Milnerton toe en daar vang hulle hom in 'n spoedlokval. Toe hy terugkom, dog oom Henry eers die kar is gestamp totdat hy hom met 'n skewe glimlag die boetekaartjie gee. Raai wie moes dit betaal? Nie my pa nie!

Wednesday, August 27, 2008

Die mense is besig

Ek het sommer 'n lekker klomp foto's van Christelle ontvang. Lyk my sy en Sarel het die Kaap vol gereis en natuurlik het dit my vreeslik laat terugverlang huis toe. Julle almal weet dat oom Henry vroeer die maand verjaar het. Hy en sy gesin, tannie Beattie, Marius, Karin, Andre, Wiaan, Eddie, Yvonne, Christelle en Sarel het 'n lekker verjaarsdag saam met hom gevier! En toe lyk dit my begin die rondrits. Hulle het by The Baths op Citrusdal gaan kuier en dis baie mooi. Christelle vertel bietjie wie is op die foto's? Die foto's wat my natuurlik heeltemal "gevang" het was van hulle kuiertjie aan Paternoster. Sy vertel dat die website met al die gastgehuise presies lyk soos die foto en daar was geen surprises toe hulle daar gekom het nie. Kreef was spotgoedkoop en daar's heerlike ontbyt en eetplekkies. Christelle ek het jou opgevat op hierdie een en vir ons 'n lekker huisie vir 'n paar dae in Desember bespreek. Vir julle klomp wat meer van aksie hou as om na die see te sit en kyk ... hulle het ook op die Atlantis duine gaan speel. Sy se mens kan lekker daar rondry met quad, motorfiets of 4x4 en al wat jy nodig het is 'n permit van Atlantis Munisipaliteit. En as bonus het mens nog Tafelberg as uitsig!! Sarel en Wiaan lyk heel gelukkig met al die pret! En net wanneer ek gedink het daar is plekkies wat ek nog nie ken nie .... vertel sy van hulle kuier by Botlierskop naby Klein-Brakrivier. Vier van die vyf grotes is daar te sien. Mens bly in permanente tente met aircons en al die nodige geriewe. Dis baie mooi en dan hoor mens nog die diere gedurende die nag roep. Ek het by hulle webblad gaan inloer en dis regtig pragtig ... seker net daar is nie plek vir Desember beskikbaar nie. Dankie vir die deel van die foto's Christelle en nou het jy my sommer lus gemaak vir 'n kuier in SA. Sien uit na die blomme foto's!

Monday, August 25, 2008

Verjaarsdae 25 - 31 Augustus

Ons verjaarsdae hierdie week is:


GERMISHUYS
SY IS 'N HELE 10 JAAR OUD OP DIE 25ste
BAIE GELUK COLETTE ONS HOOP DIS 'N
WONDERLIKE DAG
***************
NOG 'N GROOT VERJAARSDAG IS

VAN NIEKERK WAT 40 WORD
HOOP DIS 'N WONDERLIKE DAG EN JAAR VIR JOU!!

Saturday, August 23, 2008

Slide 15

Met klein video clips vertel Leon ons 'n storie of twee van sy ma. Sy was getroud met Gerrit Maritz en het een seun, 4 kleinkinders en binnekort 'n agterkleinkind! Leon is getroud met Carin. Sy vier kinders van jonk na oud is Carin-Lee, Hough, Ilse en Lindi. Die jongste toevoeging is Lindi se man Jaco.

Thursday, August 21, 2008

Slide 14 - Reunie

Van Tannie Tossie was daar net een en jy het altyd geweet waar jy met haar staan. Sy was jonk van gees en het orals met haar man en kind saam gekuier. Sondae het sy by ouma geeet of sy genooi was of nie, en sy het altyd vir oolm Gerhard kos saamgeneem as hy gewerk het. Sy was baie lief vir foto's (nou met die bymekaar maak van foto's het ek baie gehoor, tannie Tossie het daai foto - party ouens se sommer sy het hulle hele baba album). Leon en haar kleinkinders was haar lewe en sy het altyd in kerkkore en saam met groepe gesing en altyd gelag. Mens kon altyd op haar staatmaak en sy sou self die president regsien as hy aan een van haar familie gevat het se oom Henry

Wednesday, August 20, 2008

Nou spog ons lekker

Dis vir my so lekker as ek nuus kry om te deel veral as dit nog boonop spognuus is, dat ek sowaar amper vergeet om oor my eie ou kindertjies te spog. Die manne was die afgelope naweek altwee gekies om vir Kovsies (Univ Vrystaat) deel te neem met hulle intervarsity teen Pukke. William wat binne sy eerste maand op universiteit al vir hulle pluimbalspan gekies was, het weer kans gekry om te speel. Altwee seuns James en William was ook gekies vir die volleybalspan en kon hulle bietjie wys hoe dinge hier in Abu Dhabi gedoen is. Dit was vir die twee boeties lekker om saam in 'n span te speel. Hule was een van die min spanne van Kovsies wat gewen het en dit nogal met 5 - 0 want selfs die rugbyspan (Shimlas) het verloor! James besig met die spanpraatjie en Will is net die geel skoene (sy "trademark" van Abu Dhabi dae)
Ons is trots op julle manne.

As julle bietjie meer van ons nuus wil lees, kliek net hier. Ek sal graag wil hoor wie van die familie lees hierdie nuusbrief gereeld!
Dankie vir ALMAL wat vir ons nuus en stories deurstuur ... dis tog ons almal se nuus vir ons almal!

Tuesday, August 19, 2008

Nog 'n groot spog


Milann Vermeulen (Christa en Ockert se seun) het weer hierdie jaar 'n oudisie geslaag om aan die Nasionale Sanlam Kompetisie vir laerskole deel te neem. Hy sal sy vaardighede op die marimba en xilofoon wys in die kompetisie wat vanaf 22 - 26 September plaasvind. Sy ma se hy aard erg na die Viljoens en is baie musikaal en speel slagwerk en klavier.
Sy ma, pa, oupa en veral ouma Joy is baie trots op hom.

Ons ook Milann, sterkte en laat weet hoe dit gegaan het!

Monday, August 18, 2008

Verjaarsdae 18 - 24 Augustus

'n Hele klomp verjaarsdae die week ....

OP DIE 19DE IS DIT

HAMMAN SE VERJAARSDAG

BAIE GELUK JACO ONS WENS JOU 'N MOOI DAG EN JAAR TOE!!

*********

BURDEN

VERJAAR OP DIE 22STE

baie geluk Adele ons hoop jy het 'n wonderlike dag!!

**********

Op SATERDAG 23 AUGUSTUS IS DIT


OOSTHUIZEN

EN



de gouveia

se verjaarsdag

BAIE GELUK JULLE TWEE, ONS HOOP DIT IS 'N BAIE SPESIALE

DAG VIR JULLE!