Wednesday, April 30, 2008

Verjaarsdag

Birthday Graphics

TANNIE BOKKIE

BAIE GELUK MET JOU

60STE VERJAARSDAG VANDAG

ONS WENS JOU ALLES WAT MOOI IS

VIR DIE NUWE LEWENSJAAR

Monday, April 28, 2008

Ons eerste inskrywing

Hallo almal

Het ek nou 'n stryd gehad om 'n nuusbrief te skep wat almal kan lees en/of ontvang? Die vorige een was nogal maklik om te maak en nie te duur nie en toe vind ek agterna uit almal het dit nie ontvang nie. Dit lyk asof maatskappye soos Sanlam, SARS ens. nie eposse met foto's deurlaat nie. Of hierdie briefie gaan werk, is ek nie seker van nie, maar ....

1 As jy nie die epos ontvang nie, kan jy hom op die web lees
2 As jy nie web toegang het nie, kan iemand miskien dit vir jou wys of print
3 Miskien as julle 'n eposadres by yahoo of gmail oopmaak kan ons dit soontoe stuur EN
4 Die van julle wat self beriggies wil plaas, kan die kode by my kry en dit dan ook doen,
so kan ons mekaar van alles vertel en selfs mooi foto's deel.

Net so voor ek begin dink het die Viljoens het in winterslaap gegaan, het ek so hier en daar nuus en sommer lekker stories ontvang .... dankie vir julle almal. Onthou partykeer dink jy nie dis nuus nie, maar miskien wil ons ander die lief en leed met julle deel!
Leed
Ouma Kitty se susterskind tannie Dollie is die 9de April oorlede.

Tannie Dollie het nog gereeld by tannies Omie, Ruth en Joy gekuier en hulle was ook in dieselfde gemeente.


Ons innige simpatie aan haar familie en ons bid vir julle krag en sterkte toe.


(As julle na 'n foto van ouma kyk, kan mens die familie ooreenkoms baie sterk sien)


Nuweling in die familie!!

Baie welkom aan Euan Roy wat 14 Maart gebore is. Hy was 3.5 kg by geboorte en ouma Maxie en Oupa Dixie is baie trots op die kleinseun. Geluk ook aan mamma Christelle, pappa Tunin en sussie Maya! (Ouma Maxie het 'n foto belowe)

Siektes
Heel party van ons was siek die afgelope tyd. Ons hoop dat Koenie wat gedurende die Paasnaweek 'n operasie ondergaan het, al baie beter is. Ons gebede is met julle Valerie, Koenie & Kie!

Zet het ook gesorg vir "sports". Sy het op 20 Maart haar been gebreek en die 22ste 'n operasie gehad waar hulle skroewe en penne ingesit het. Die herstel kan enigiets van 3 - 6 maande duur. Sterkte Zet, ons dink aan jou!

Ek weet ook dat Oom Gerhard siek is/was maar het geen nuwe inligting daaroor nie. Julle wat weet, kan op die kommentaar kliek en laat weet, of vir my mail dat ek die ander kan vertel.

Marius (van oom Henry) is Vrydag in die Panarama Hospitaal geopereer, hy sukkel met 'n speekselklier wat probleme gee. Hy het gehoor dit is nie kwaadaardig nie, en ons is dankbaar daaroor. Christelle belowe om ons op hoogte te hou.
Sosiale nuus

'n Klompie van die familie het vanjaar by die KKNK uitgehang (ek's lekker groen van jaloesie).
Die ou wat die voorblaaie gehaal het was Oom Henry (hier op die foto saam met Sharleen Surtie-Richards). 'n Verslaggewer van die KRIT het met hom 'n onderhoud na die vertoning gedoen. Christelle se sy hoogere woorde is geplaas en hy's nie 'n bietjie trots daarop nie.
Karin se volgende jaar op haar verjaarsdag is daar weer 'n KKNK en dit sal lekker wees om meer familie daar te he. (Sluit die uitnodiging 'n vliegtuigkaartjie in Karin?)
Waar is julle foto's Ronelle, Hennik, tannie Ruth en oom Thomas?

Akademies

Ek weet baie van ons kinders is tans besig om te swot, Estelle, Valerie, Pieter en julle ander, vertel ons bietjie daarvan asseblief. Die wat ek van weet is natuurlik my eie en dan het Rene ook van haar laat hoor.

Haar jongste Tiaan (Smit) is vanjaar 3de jaar op Maties en swot B.Com. Hy's in die Majuba koshuis en dien op die HK. My oudste James (Holloway) doen vanjaar sy honors in ..... en William is eerste jaar, ook B.Com. Die twee van hulle swot op Kovsies.

Sportprestasies

Ook hier is daar klomp waarvan ons nie weet nie en ons wil graag .....asseblief. Wat het gebeur met Carin-Lee se res van die seisoen en ook Hough s'n? Ek weet ook dat Tes se jongste Viljoen 'n goeie seisoen het en sy skool, Boland Landbou, se 14A span gehaal en 'n paar driee gedruk het, maar dis al wat ek weet.

Ruan (Hamman) van Marie en Jaco is gekies vir Noord-Boland 13A. Hy speel flank se sy ma en ek wonder of sy weet waar op die veld dit is :-). Baie geluk Ruan ons is trots op jou.

My William het ook binne sy eerste 2 maande op universiteit sy Kovsie kleure vir pluimbal gekry. Ek weet dis nie jou favorite sport nie seun, maar ons is trots op jou en die feit dat jy alles probeer.

Luister bietjie hier

Klein Diego, seun van Benitha en .... is een van die 12 finaliste vir Mnr De Kuilen. Die finale is in Julie en ek hoop julle gaan ons meer daarvan vertel.

Ek weet dat Tertia se twee dogters ook 'n kompetisie of twee goed gevaar het, en ek wonder of iemand anders in die familie dit ook gedoen het. (Ek was baba van die maand .....:-)..... maar ek mag nie sulke foto's plaas nie en elk geval was dit nog tydens Jan van Riebeeck se tyd). Ek meen ons familie spog met breins en sport en musiek prestasies (waarvan ek ongelukkig ook nie hoor nie), maar waar sal die "looks" inkom. Miskien kan die ouergarde bietjie vertel?

Advertensie!!!

Rene (Smit) laat weet dat indien julle daar deur Wellington ry, julle gerus 'n draai by Anja se Deli moet maak, julle sal nie spyt wees nie.

En vir die van julle wat wil reis of 'n reis oorweeg, ondersteun vir Leana wat by 'n reisagent werk. Wie weet miskien wil julle bietjie Abu Dhabi toe kom om te kuier.

Belangrike mylpale met verjaarsdae gedurende Maart/April was:

2 Maart - Danelle Viljoen word 18 en amptelik mag sy nou bestuur!
9 Maart - Hough Maritz is 16. Tel die "never been kiss" vir jou?
27 Maart - Klein Andre Prinsloo is 'n hele 1 jaar oud
30 Maart - Terence Fullux word 30 (Terence as ons daai foto plaas blok hulle dalkies die
nuusbrief nog voor dit begin het :-), jy beter 'n ander een stuur)
9 April - Yvonne Strickland het ook die 5 - 0 van wysheid geslaan.
Hoor julle het 'n lekker "open house" partytjie gehou, waar is die foto's
11 April - Johan du Toit het die groot 5 - 0 geslaan
30 April - Tannie Bokkie word vandag 60!! Baie geluk!!

Ons hoop julle ouens het 'n wonderlike verjaarsdag gehad en wens julle alle seenwense toe vir die nuwe lewensjaar. As daar partytjie foto's is laat ons bietjie sien.

Verjaarsdae in Mei

Mei lyk my 'n goeie maand vir verjaarsdae. Die volgende ouens verjaar en ons wens hulle alles wat mooi is toe vir die toekoms en hoop julle het 'n wonderlike dag. Julle het mos hulle kontak nrs. so laat gerus van julle hoor! Ek sal op julle verjaarsdae 'n blok op sit om almal te herinner.

(1) TJ Campbell; (2) Carlu Pienaar word EEN; (5) Carin-Lee Maritz word DERTIEN en amptelik 'n tiener; (8) Pieter Viljoen (van oom Piet); (9) "Koenie" Koen; (11) Jeanette Viljoen; (15) Tannie Klein Babsie Viljoen; Lynette Prinsloo; (18) Laurelle Fullex; (19) Pierre Viljoen; (21) Michelle Viljoen; (23) Kevin Viljoen; (24) George Preuss; William Holloway; (26) Ockert Vermeulen; Werner von Molendorf en (27) Chris Smit
Ander nuus
Sarel en Andre was bevoorreg om die groot manne konferensie in Natal by te woon en Sarel het vir my so 'n ietsie daaroor geskryf. Sarel, dit regverdig 'n eie beriggie en ek plaas dit middel van die week. Julle moet kom loer hy het ook foto's gestuur. Dankie daarvoor!!
Ouens nuus is so vinnig oud en daarom wil ek vra dat julle dit dadelik deurgee. So kan ek dit dadelik plaas en mens kan weekliks iets op die blog lees. Vir julle wat lus het om self stories te vertel, kontak my vir die paswoord en dra julle kamera saam orals waarheen julle gaan.
Kom skryf saam met my hieraan asseblief!